Wis God Se GENADE Die WET uit?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 17
  • File Size 203.66 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Wis God Se GENADE Die WET uit?

Die duiwel het, deur sonde, byna hierdie wêreld van ons verwoes.
Ons leef in ‘n eeu gekenmerk deur rebellie teen alle beperkings
en wette. Nasies is magteloos teenoor die bendes van die groot
stede se uitdaging van sosiale orde en eiendomsreg, insluitende
die reg om te lewe. Moord, roof en persoonlike aanvalle het die
kenmerk geword van beide die stedelike en voorstedelike lewe.
Elke dag wanneer ons die koerante lees, lyk dit asof die
kwaliteit van lewe ‘n bietjie verder verlaag. Met tye word ons in
die versoeking gestel om te glo dat dinge nie erger kan word nie,
en dat toestande ‘n laagtepunt bereik het. Egter net die volgende
dag, word selfs meer gewelddadige, grusame misdade
aangemeld, en ons skud eenvoudig net ons hoofde in ongeloof.
Dit is moeilik om te verstaan hoe ‘n nasie soos die V.S.A. met sy
ruim Christelike erfenis ooit sover van sy stigtingsbeginsels kon
afdwaal. Self nie eens die nie-Christen lande is met soveel
misdaad en alledaagse geweld geteister soos hierdie
sogenaamde Christen nasie nie. Daar word meer misdaad
gedurende 24 uur in Washington, D.C., aangemeld as wat
Moskou in ‘n volle jaar aanmeld. Alhoewel die aanmeldmetodes
verskil, skep dit nog steeds ‘n onrusbarende prentjie.