Voorwaarts

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 0
  • File Size 4.00 KB
  • File Count 1
  • Create Date December 20, 2022
  • Last Updated December 20, 2022

Voorwaarts

Hoofstuk 1 - Voorwaarts [1]
Met hulle heupe omgord, met skoene aan hulle voete en hulle staf
in die hand het Israel swygend en met ontsag en verwagting gewag op
die koning se bevel dat hulle moes trek. Voor dagbreek was hulle in
die pad. Gedurende die plae, terwyl die openbaringe van Gods mag
in die slawe se harte geloof verwek en hulle verdrukkers met vrees
besiel het, het die Israeliete geleidelik in die land Gosen saamgekom;
en ondanks hulle plotselinge vertrek is sekere reëlings reeds getref
vir die nodige organisasie en beheersing van die bewegende skare.
Hulle was reeds in groepe verdeel, elk met sy aangewese leier.
“Omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kin-
ders. En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met
hulle opgetrek. ” Onder die skare was nie net diegene wat weens
hulle geloof in die God van Israel gegaan het nie, maar ook ‘n veel
groter aantal wat net van die plae wou wegkom, of wat uit blote
nuuskierigheid of opge-wondenheid agter die trekkende Israeliete
aangegaan het. Daardie klas was altyd vir Israel ‘n struikelbloken ‘n
strik.
Die volk het ook “kleinvee en beeste ‘n groot hoeveelheid vee”
met hulle saamgeneem. Dit was die eiendom van die Israeliete wat
nooit, soos die Egiptenare, hulle besittings aan die koning verkoop
het nie. Jakob en sy seuns het hulle beeste en hulle kleinvee saam
met hulle na Egipte geneem, en daar het hulle grootliks vermeerder.
Voordat hulle uit Egipte weggetrek het, het die volk, op bevel van
Moses, hulle onbetaalde loon geëis; en die Egiptenare was maar te
gretig om van hulle ontslae te raak, en het nie geweier nie. Die slawe
is daar weg, belaai met die buit van hulle verdrukkers.