VERSLAAF AAN REINHEID

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 446.17 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

VERSLAAF AAN REINHEID

Ek het dikwels gewonder oor God se bestaan in die verre verlede, in die tyd
voordat daar ooit ’n aarde, of mense, of engele was.
God was daar.
Goed, my klein verstand kan nie eers naastenby daarby uitkom om dit te
verstaan nie. So, laat ons eerder oorweeg wat ons wel van God weet –
sommige waarvan gevind kan word in die eerste drie verse van Genesis 1.
Selfs voor die ses dae van die skepping, het ons reeds vir God (Vader), Gees
(Heilige Gees) en die Woord (wat later vlees geword het, Jesus die Seun):
Vers 1) In die begin, God...
Vers 2) Die Gees van God wat oor die waters sweef
Vers 3) Die Woord van God (wanneer Hy spreek: “En God het gesê,
laat daar lig wees!...”).
Ons weet uit Johannes 1:14 dat die Woord, Christus, die Seun van God is.
Hierdie drieledigheid word ook op ander plekke in die Skrifte gevind.
Byvoorbeeld, by Sy doop hoor Jesus die stem van Sy Vader “...en Hy sien
die Gees van God soos ’n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ’n
stem uit die hemele wat sê: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae
het.” (Mattheus 3:16,17). Hier sien ons weer die Drie. Op dieselfde wyse
het Jesus, aan die einde van Sy bediening, net voordat Hy teruggekeer het
na die hemel, Sy dissipels aangesê om te doop “...in die Naam van die Vader
en die Seun en die Heilige Gees...” (Mattheus 28:19). So ons sien hierdie
Drie aan die begin van die skepping, aan die begin van Jesus se aardse
bediening en aan die einde van Jesus se aardse bediening. Kragtig!