Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 15
  • File Size 499.72 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Skrede na Christus

Beide die natuur en die Skrifte getuig van Gods liefde vir ons.
Ons hemelse Vader is die bron van lewe, wysheid en vreugde. Aanskou die wonderbaarlike en skone dinge van die natuur. Dink daaraan
hoedat hulle geskape is, nie alleen vir die behoeftes en geluk van die
mens nie, maar vir alle lewende skepsels. Die sonskyn en die reen
wat die aarde verbly en verkwik, die berge, die see en die vlaktes
getuig van die liefde van die Skepper. Dit is God wat in die behoeftes
van al Sy skepsels voorsien. Luister hoe mooi die psalmdigter dit
uitdruk:
“Die oë van almal wag op U, en U gee vir hulle hul spyse op
die regte tyd. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met
welbehae.” Ps. 145:15,16.