Satan In Kettings

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 10
  • File Size 183.61 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Satan In Kettings

Hoe sal u daarvan hou om voor ‘n reusagtige verhoog te sit,
ongeveer 600 meter wyd, en die menslike geskiedenis voor u oë
uitgebeeld sien? Daar sal u die uiteindelike bestemming sien van
elke man, vrou en kind wat nog ooit op aarde geleef het. God
gee ons inderdaad so ‘n panoramiese voorskou in een van die
dramatiese profesieë in die Bybel.
Sommige mense het die droom gekoester dat die
samelewing uiteindelik self sal regkom en sal ontwikkel in ‘n goue
era van duisendjarige vrede. In hierdie grootse Utopia is almal
veronderstel om te verander en saam te werk om ‘n nuwe wêreld
van broederskap en vrede te bou. Ek wens dit kon ‘n ware
prentjie wees van die toekoms, maar dit is presies die
teenoorgestelde van wat die Bybel beskryf. Jesus het gesé, “En
soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in
die dae van die Seun van die mens.” Lukas 17:26. Paulus het
gesê, “Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van
kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.” 2 Timotheus
3:13. Nee, hierdie droom van ‘n tydelike millennium is slegs ‘n
reuse dwaling, en ons stel nie belang in drome of verbeeldings
nie. Ons wil die feite oor die toekoms weet en wat met elke
persoon sal gebeur wat ‘n deel van hierdie aardse toneel was.
Ons gaan dus na die onderwerp van die millennium in die Bybel.
Die meeste mense weet dat die woord “millennium” gladnie
in die Bybel gevind word nie. Dit is geneem van twee Latynse
woorde: “milli,” wat ‘n duisend beteken, en “annum,” wat ‘n jaar
beteken. Selfs al word die woord egter nie in die Skrifte genoem
nie, is daar verwysings na ‘n periode van duisend jaar. Sonder
uitsondering word hulle gegroepeer rondom die leerstelling van
die opstanding van die dode.