KAN ‘N GEREDDE PERSOON KIES OM VERLORE TE GAAN?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 260.08 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

KAN ‘N GEREDDE PERSOON KIES OM VERLORE TE GAAN?

Die krag van keuse is ‘n wonderlike geskenk van God. Daar
is een keuse wat God die mens egter nooit toelaat om uit te
oefen nie. Niemand kan kies of hy met of sonder ‘n sondige
natuur gebore wil word of nie. Die besluit wat ons lewens die
meeste beïnvloed, was lank, lank gelde deur ons voorvaders
gemaak. Ons het geensins enige keuse oor die soort natuur
wat ons by geboorte besit nie. Dit is ‘n sondige natuur. Indien
onveranderd, lei dit tot die ewige dood.
Selfs al is ons egter met ‘n sondige natuur gebore, gee God
ons nogtans ‘n keuse om dit te kan verander. Dit is ‘n
persoonlike, soewereine keuse wat niemand van ons kan
wegneem nie. Dit is ongetwyfeld die belangrikste besluit
waarvoor enige persoon gedurende sy leeftyd te staan sal kom.
Die keuse is of ons toegee aan ons sondige natuur en vir ewig
sterf, of ‘n nuwe karakter ontwikkel deur geloof in Christus en
vir ewig lewe.