Is Sondag Werklik Heilig?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 12
  • File Size 179.37 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Is Sondag Werklik Heilig?

Een van Dawid se pragtigste gebede is opgeteken in Psalm
43:3. “Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my
bring na u heilige berg en na u woning.”
Hierdie selfde ernstige versoek om God se Woord te
verstaan, behoort in die hart van elke opregte soeker na
waarheid te wees. ‘n Gewilligheid om te leer en te gehoorsaam,
moet ‘n karaktertrek wees van almal wat verwag om deur die
Heilige Gees ingelig te word. Aan diesulkes sal die pragtige
belofte van die saligsprekinge vervul word. “Salig is die wat
honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig
word.” (Mattheus 5:6).
Dit is egter van geen nut om te bid vir die waarheid
wanneer ons nie van plan is om dit te gehoorsaam wanneer God
ons gebed beantwoord nie. Een van die grootste gunste wat
God aan ons kan bewys, is om vir ons die kennis van Sy Woord
te gee. En die mees voorbarige iets wat enigiemand kan doen,
is om te bid vir ‘n begrip van God se wil en om dan, wanneer die
antwoord kom, om welke rede ookal, weier om dit te
gehoorsaam.