Is Dit ‘n Sonde om VERSOEK Te Word?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 7
  • File Size 243.11 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Is Dit ‘n Sonde om VERSOEK Te Word?

Geen groeiende Christen in die wêreld kan ongeërg staan
teenoor die traumatiese probleem van versoeking nie. Daar is
geen ouderdomsbeperking waar morele keuses en geestelike
stryd ons nie konfronteer nie. Versoekings mag op verskillende
stadiums oor uiteenlopende sake toeslaan, omdat dit altyd by ons
sal wees solank as wat ons vleeslik is.
Toe ek nog ‘n seuntjie in Noord Carolina, V.S.A. was, het ons
altyd geweet wanneer die vrugte in ons boord ryp was. ‘n Sekere
bende van die buurt se seuns sou in daardie rigting beweeg, en
almal sou sê, “Dit moet nou weer tyd wees.” Duiwels is slimmer
as tienerseuns, en solank as wat die vrugte in u lewe suur en
onryp is, sal hulle u heeltemal alleen laat. Wanneer daardie
vrugte egter ryp is, sal al die duiwels skielik verskyn en dit van u
probeer steel.
Dit beteken dat die diep geestelike mense waarskynlik
diegene is wat die ergste versoekings sal ondervind. Hulle het
iets wat Satan wil bederf of vernietig. Afdwalendes op die grense
van die kamp kan dalk ongedeerd daarvan afkom, maar die ware
heiliges sal onder gedurige teistering wees.
Beteken dit dus dat dit ‘n eer is om veral deur die duiwel
versoek te word? Miskien is dit. Dit kan as ‘n kompliment beskou
word as diewe by u huis probeer inbreek. Dit toon ten minste dat
u die reputasie het dat u besittings het. En wanneer die duiwels
opdaag, mag dit inderdaad aandui dat u geestelik beter daaraan
toe is as wat u ooit tevore was.