HOE EVOLUSIE DIE WETENSKAPTOETS GEDRUIP HET

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 11
  • File Size 251.91 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

HOE EVOLUSIE DIE WETENSKAPTOETS GEDRUIP HET

Onlangs het ek met ‘n man gesels met ‘n sonderlinge
hoeveelheid geloof. Daar was geen sweempie van twyfel in sy
opgewekte beskrywing van die mens se oorsprong en
bestemming nie. Hy was ‘n evolusionis wat ek op die vliegtuig
ontmoet het. Met ongelooflike vertroue het hy die onmeetlike
tydperk van die prehistoriese era oorbrug om die bestaan van
moderne plant- en dierelewe te verduidelik. Sy gedetailleerde
beskrywing van menslike opgang van ‘n klein, eensellige swerwer
was so lewendig en oortuigend dat ‘n mens byna kon glo dat hy
die mikroskopiese amebe in ‘n man sien verander het.
Wat is hierdie evolusieleerstelling wat sy volgelinge met
soveel geloof besiel? Hoe het dit vooraanstaande wetenskaplikes
verander in dogmatiese opponente van enige ander sienswyse?
Baie evolusionêre wetenskaplikes het hulle professionele invloed
verenig om enige klaskameronderrig te verbied wat in teenstelling
is met hulle eie sienswyses. Verdien die teorie van evolusie
hierdie tipe fanatiese ondersteuning, wat alle teenstrydige idees
die swye oplê? Wanneer godsdienstige mense so ‘n standpunt
inneem, word hulle dwepers genoem, maar dit blyk dat
wetenskaplikes daardie aantyging vryspring. In Februarie 1977
het byna 200 lede van die akademiese gemeenskap briewe aan
skoolrade regoor die Verenigde State van Amerika gestuur en
daarop aangedring dat geen alternatiewe idees oor herkoms in
klaskamers toegelaat word nie.