Geboei deur Tale

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 232.12 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Geboei deur Tale

‘n Geskenk van ‘n vyand kan dodelik wees. Die
boewewêreld het alreeds suksesvol van baie menslike teikens
ontslae geraak deur ‘n bom as ‘n geskenk toe te draai met papier
en ‘n swierige strik wat dan ontplof wanneer dit oopgemaak word.
Vandag gebruik die duiwel ‘n vervalste gawe van die Gees – ‘n
heidense weergawe van die gawe van tale – om toegang te
verkry tot die kerk van God en dit van binne af te vernietig.
Kort nadat ek ‘n Christen geword het, het ek van Palm
Springs na Los Angeles, VSA, geryloop om my moeder te gaan
besoek. Ongeveer halfpad na my bestemming, is ek opgelaai
deur ‘n vriendelike, middeljarige Pinksterdame wat baie bly was
om te hoor van my onlangse bekering. Terwyl ons voortgereis
het, het sy gevra, “Het jy al die Heilige Gees ontvang?”
Ek was ‘n bietjie verras deur haar vraag, omdat niemand my
dit nog ooit gevra het nie. “Wel, ek dink ek het,” het ek stadig
gesê. “Ek voel verseker God se Gees in my lewe. U weet, die
Here help my om so baie veranderinge te maak – soos om
dwelms, steel, leuens, vloek, en baie meer, prys te gee.”
“Nee, dit is nie wat ek bedoel nie,” het sy met ‘n effens
gefrustreerde kyk gesê. “Is jy gedoop met die Heilige Gees?
Praat jy in tale?”

Dit het nogal vir my vreemd voorgekom dat dit geblyk het
asof sy baie meer belang gestel het daarin of ek ‘n verruklike
uitdrukking ervaar het as wat sy was oor die feit dat ek oorwinning
oor die sondes behaal het wat my vir solank gevange gehou het!
Hierdie vriendelike dame was oortuig daarvan dat ek
uitgemis het op ‘n basiese element van die Christelike
ondervinding. En aangesien ek nie graag van iets so belangrik
ontneem wou word nie, het ek met ‘n intensiewe ondersoek begin
van die kontroversiële onderwerp van tale. Die eerste paar kerke
wat ek bygewoon het, was almal charismaties, wat beteken het
dat hulle glo in die praat van verruklike tale – ‘n ondervinding wat
dikwels as “glossolalie” beskryf word. Die meeste van my nuwe
vriende by ons Bybelstudiegroep “het in tale gepraat” en daarom
is die inligting wat ek vervolgens wil deel, die resultaat van
eerstehandse ondervinding asook van jare se navorsing.