Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 32
  • File Size 660.49 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

EERSTE GESKRIFTE

Ons weet almal dat baie opregte soekers na die waarheid en Bybelse
heiligheid bevooroordeel is teen gesigte. Hierdie vooroordeel het twee
groot oorsake. Die eerste is die fanatisme waarmee valse gesigte min
of meer altyd gepaard gaan; dit het eerlike mense met agterdog vervul
teen sulke verskynsels. Die tweede is die verskynsel van mesmerisme, en
wat algemeen bekend is as “die geheimsinnige geklop”–dinge wat bereken is om mense te bedrieg en hulle ongelowig te maak in die gawes en
werkinge van die Gees van God.
God verander nooit. Sy werk deur Moses voor Farao, was eg, ondanks
die feit dat Jannes en Jambres toegelaat is om wonders deur die mag van
die Satan te doen–wonders wat gelyk het soos die van Moses. Ook in die
tyd van die apostels was daar sulke namaaksels, maar dit het nie verhinder
dat die gawes van die Gees deur die navolgers van Christus geopenbaar
word nie. Dit is nie die doel van God om Sy kinders in hierdie tyd, wanneer
daar soveel bedrog gesien word, sonder die gawes en die openbarings
van Sy Gees te laat nie.