Diewe in die Kerk

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 10
  • File Size 197.90 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Diewe in die Kerk

Is u bewus van die sonde wat niemand erken nie? Dit is ‘n
sonde wat ons bang is om te noem. Ons moet bang wees om dit
te noem, want niemand is ooit bereid om dit oor homself te erken
nie. Mense het al aan my bely dat hulle vreeslike, geheime
sondes gepleeg het. Ek kan mense onthou wat erken het dat
hulle dronkaards is, wat bely het dat hulle steel, ‘n ander se
huwelik vernietig het, moord gepleeg het, die Here se naam
ydellik gebruik het, die huweliksmaat te nagekom het, die Sabbat
verbreek – en al die ander – maar sover as wat ek kan onthou
van al my jare in die bediening, het niemand nog ooit aan my
erken dat hy skuldig was aan die sonde waaroor ons nou gaan
praat nie. En ek veronderstel dat die rede daarvoor is omdat dit
die bron van alle sonde is; die fundamentele sonde; die
grondslag van sonde.
Die Here Jesus Self het ons ernstig teen hierdie sonde
gewaarsku in Lukas 12:15: “En Hy sê vir hulle: Pas op en wees
op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie
uit die oorvloed van sy besittings nie.” U sien, inhaligheid is dus
die sonde wat niemand erken nie.