Die Twee Getuies

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 9
  • File Size 172.50 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Twee Getuies

Na ‘n lang dag van onderrig en bediening aan die menigtes, skei Christus en Sy
dissipels van die saamdrommende skare. Toe sê Jesus iets baie ongewoon: “Voorwaar Ek sê
vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak
voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.” (Markus 9:1). Dit moes
heelwaarskynlik vir Sy dissipels geklink het asof Jesus iets baie groot voorspel het. Maar
wat?
Dan, ses dae nadat Jesus hierdie kriptiese aankondiging gemaak het, bereik hulle die
voet van ‘n “hoë berg.” Daar kies Hy Sy eie betroubare “drie-eenheid” van apostels –
Petrus, Jakobus en Johannes – en met hulle agter Hom aan, laat Hy die ander in die vallei
agter en begin die lang klim teen die steil heuwel. Terwyl die son ondergaan, struikel hulle
uiteindelik moeg tot op die kruin. Jesus kniel onmiddellik neer en begin bid, en die dissipels
probeer om saam met Hom te bid, maar uitgeput, raak hulle spoedig vas aan die slaap.
Toe gebeur iets buitengewoon! Wanneer ons die getuienis van Lukas en Markus
saamvoeg, word daar gesê, “Terwyl Hy gebid het, het Hy voor hulle van gedaante verander.
Die voorkoms van Sy gesig was verander, en Sy kleed het wit en blink geword. Spierwit,
soos sneeu soos wat geen skoonmaker op aarde dit wit kan maak nie. (Lees die volledige
verslag in Lukas 9:29-31 en Markus 9:2-9).