Die Ryk Man En Lasarus

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 10
  • File Size 181.99 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Ryk Man En Lasarus

Baie argumente is alreeds gevoer oor of die woorde van
Jesus in Lukas 16:19-31 veronderstel was om letterlik verstaan
te word of as ‘n gelykenis. Sommige Christene voel dat Jesus,
in hierdie verhaal, vir Sy toehoorders ‘n blik gegee het op hoe
die lewe in die hiernamaals is. Andere, wat talle gedeeltes uit
die Skrif aanhaal wat blyk asof dit die uitbeelding van die
hemel en die hel wat in hierdie gedeelte bevat word,
weerspreek, voel dat Jesus ‘n heeltemal ander soort les wou
tuisbring. Ongelukkig het baie moderne godsdienstige
onderwysers die verhaal uit sy oorspronklike konteks geneem
en dit gebruik as ‘n middel om mense mee bang te maak.
Godsdienstige “bekerings” uit vrees vir die hel soos wat dit in
hierdie gedeelte uitgebeeld word, het inderdaad voorgekom,
maar is gebaseer op ‘n fondament wat ‘n tekort het aan die
krag wat kom slegs van ‘n opregte waardering van God se
karakter en ‘n behoorlike begrip van die Skrifte.
Om hierdie studie in te lei, sal ons noukeuriger kyk na wat
‘n gelykenis werklik is, en dan die omstandighede waarin Jesus
hierdie verhaal vertel het, ondersoek. Miskien sal ons dan
beter verstaan watter lesse daar vir ons in hierdie verhaal van
die ryk man en Lasarus is.