Die Mens se Flikkering Of God se Vlam

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 7
  • File Size 203.89 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Mens se Flikkering Of God se Vlam

Een van die duidelikste eindtyd tekens wat in die Bybel
geopenbaar word, is die toename in die opbou van geestelike en
duiwelse magte vir ‘n finale stryd sonder enige beperking wat die
bestemming van elke lewende persoon sal bepaal. God en Satan
sal in die kritieke oorlog van Armagéddon ontmoet, en die
eeuelange stryd tussen goed en kwaad sal vir ewig opgelos word.
Die Bybel dui aan dat Satan koorsagtig te werk sal gaan deur
middel van al die listige middele wat vir die menslike verstand
aanloklik is, om sodoende die hele planeet na sy kamp te probeer
verlei. Johannes sê dat “die duiwel het na julle neergedaal met
groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” Openbaring
12:12. Ter voorbereiding vir hierdie botsing, wat hy alreeds vir
meer as 6,000 jaar beplan, sal hy beide politieke en
godsdienstige magte manipuleer. Hoe om valse idees en
leerstellings daar te stel, is reeds deur die eeue goed ontwikkel.
Die duiwelse vernuf van Satan is gefokus op die ontwikkeling van
‘n strategie wat mense daarvan sal weerhou om gered te word.
Die uiteindelike doel van die duiwel is om mense te laat sondig,
omdat slegs sonde iemand uit die hemel sal hou.