Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 15
  • File Size 2.11 MB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

DIE KONING VAN DIE EEUE

IN die menslike hart, van watter ras en stand in die lewe ook al,
is daar ’n onuitspreeklike verlange na iets wat hy nie nou het nie.
Hierdie verlange is in sy wese geplant deur ’n genadige God, sodat
hy nie tevrede sal wees met sy huidige toestand en prestasies nie, of
hulle nou goed of minder goed is. God verwag dat die mens na die
beste moet soek tot die ewige heil van sy siel.
Die Satan het, deur sy listigheid, hierdie verlange van die menslike hart verdraai. Hy wil die mens wysmaak dat die verlange bevredig kan word deur plesier, rykdom, gemak, beroemdheid, of mag;
maar diegene wat so verlei is deur hom (en daar is ’n ontelbare
menigte) word gou sat van hierdie dinge, en dit laat hulle siele net
so dor en onversadig as tevore.
Dit is Gods begeerte dat hierdie verlange in die hart van die mens
hom sal lei na die Een wat dit wel kan bevredig. Daardie verlange
kom van Hom, sodat dit kan lei tot Hom wat die volheid en einddoel
is daarvan. Daardie volheid sal gevind word in Jesus Christus, die
Seun van die Ewige God. “Want dit het die Vader behaag dat in Hom
die ganse volheid sou woon.” “Want in Hom woon al die volheid
van die Godheid liggaamlik.” Ons het die “volheid in Hom.” Haggai
noem Hom “die skatte van al die nasies,” en ons kan Hom met
alle reg “die Begeerte van alle nasies” noem, net soos Hy ook “die
Koning van die eeue” is.
Die doel van hierdie boek is om Jesus Christus voor te stel as
die Een in wie elke verlange bevredig sal word. Daar is baie boeke
oor die lewe van Christus, goeie boeke, vol besonderhede oor die
chronologie en geskiedenis en gewoontes en gebeurtenisse van Sy
tyd, en wat baie lig werp op die veelsydige lewe van Jesus van
Nasaret; maar ons kan in alle waarheid sê, “Die helfte is nog nooit
vertel nie.”