Die Groot Hoop

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 588.61 KB
  • File Count 1
  • Create Date December 20, 2022
  • Last Updated December 20, 2022

Die Groot Hoop

1 — Warrom Is Daar Lyding?[6]
Baie sien die werk van die bose, met sy smart en verwoesting,
en vra hoe dit moontlik kan wees onder die soewereiniteit van Een
wie oneindig is in wysheid, krag en liefde. Diegene wie ontvanklik
is vir twyfel, neem dit aan as verskoning om die woorde van die
Heilige Skrif te verwerp. Tradisie en wanvertolking het die leer van
die Bybel oor God se karakter, die eienskappe van Sy regering en die
beginsels waarop God met sonde handel, in vertwyfeling gebring.
Dit is onmoontlik om die oorsprong van sonde so te verdui-
delik dat die bestaan daarvan redelik kan wees. Voldoende begrip
aangaande die oorsprong en finale beskikking van sonde, bestaan
nietemin, om die volle manifestering van God se welwillendheid en
geregtigheid te verstaan. God was in geen opsig verantwoordelik
vir sonde nie; daar was geen arbitrêre onttrekking van goddelike
genade nie, geen gebrek in die goddellike regering, wat aanleiding
tot rebellie kon gee nie.
Sonde is ‘n indringer vir wie se teenwoordigheid geen rede
voorsien kan word nie. Om dit te verskoon is om dit te verdedig.
Indien verskoning vir sonde gevind kan word, sal dit nie langer as[7]
sonde beskou word nie. Sonde is die uitwerking van ‘n beginsel wat
teenstrydig is met die wet van liefde, wat die fondament is van die
goddellike regering.