Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 9
  • File Size 253.30 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

DIE DOOD In Die KOMBUIS

‘n Klompie jare gelede is ‘n opname in ‘n sekere
Amerikaanse stad gedoen, en elke inwoner het die 156 vrae in
die opname beantwoord. Daar was gevind dat die vernaamste
belangstelling van volwassenes was ten opsigte van
gesondheid – nie politiek, geskiedenis, of selfs die weer nie,
maar hulle gesondheid en die van hulle gesinne. Wat ‘n
teenstrydige eeu is hierdie een waarin ons leef! ‘n Tyd
wanneer ons meer dokters, hospitale, medisyne het; meer
mediese kennis van die versorging, behandeling, en genesing
van kwale; meer pille, kapsules, vitamines, ens.; nogtans was
daar selde ‘n tyd wat meer siektes en algemene swak
gesondheid die mensdom so geteister het.
Miljoene ly aan die newe effekte van verkeerde
lewensgewoontes en skadelike eet- en drinkgewoontes. Ons
leef in ‘n wêreld gekenmerk deur pyn. Die wanhoopskreet van
die sieklikes en ongesteldes is die handelsmerk van die
moderne samelewing. Ten spyte van ongelooflike vooruitgang
in mediese navorsing, is die vraagstuk van gesondheid en
langlewendheid nog steeds die ernstigste wat ons samelewing
in die gesig staar.
Die Bybel gee ‘n eenvoudige, bondige antwoord op die vraag
van vroeë ongeskiktheid en dood. Miljoene sou vandag nog
steeds geleef het indien hulle ag geslaan het op die
waarskuwing van God in Exodus 15:26: “As jy getrou na die
stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë,
en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek
geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê
het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.”