DIE BOODSKAP

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 11
  • File Size 799.17 KB
  • File Count 1
  • Create Date December 20, 2022
  • Last Updated December 20, 2022

DIE BOODSKAP

Dit is die duisternis van ‘n wanbegrip van God wat die wêreld omhul. Die mensdom verloor sy kennis van Sy karakter. Dit is verkeerd verstaan en verkeerd vertolk. Juis in hierdie tyd moet ‘n boodskap van God verkondig word, ‘n boodskap van liggewende invloed en reddende krag. Sy karakter moet bekend gemaak word. Die lig van Sy heerlikheid, die lig van Sy goedheid, genade en waarheid moet in die duisternis van die wêreld skyn. [GCH. 386]
God is die ewige, ongeskape Bron van alles wat goed is. Almal wat in Hom vertrou, sal vind dat Hy dit is. Aan diegene wat Hom dien en na Hom as hulle hemelse Vader opsien, gee Hy die versekering dat Hy Sy beloftes sal vervul. Sy vreugde sal in hulle harte wees en hulle vreugde sal volkome wees. [SD. 199]
Alle eienskappe van ‘n heilige karakter kan gevind word in God as ‘n volmaakte geheel en elkeen wat Christus aanneem as persoonlike saligmaker is bevoorreg om die eienskappe te besit. [ML 271 ]
Die wet weerspieël die karakter van God, en nie ‘n jota of tittel daarvan kan verander word om die gevalle mens tegemoet te kom nie. God het nie Sy wet verander nie, maar het Homself opgeoffer, in Christus, vir die verlossing van die mens. God het in Christus die wêreld met Homself versoen. [KE. 692]