Bring die gesin weer nader aan mekaar

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 345.34 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Bring die gesin weer nader aan mekaar

Die instelling wat in vandag se samelewing die spit afbyt
onder die aanval van Satan se woede, is die gesin. Die behoefte
aan ‘n groot pragtige huis, die twee motors en al die geriewe van
hierdie lewe het ons vasgevang in die noodsaaklikheid vir twee
inkomstes vir die gesin en gevolglik ‘n huislike lewe wat voor ons
oë verbrokkel.
Skrywer en spreker Jim Hohnberger en sy vrou, Sally, het die
Amerikaanse droom verwesenlik – ‘n suksesvolle besigheid,
status in hulle kerk, en die gesogte besittings van vandag se
moderne dolle gejaag wat egter geen voorsiening gemaak het vir
‘n gesinslewe nie. Hulle soektog na ware geestelikheid en die
eenvoudige lewe het hulle na ‘n wildernisondervinding gelei wat hulle gesin weer nader aan mekaar gebring het.