Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 9
  • File Size 904.58 KB
  • File Count 1
  • Create Date December 20, 2022
  • Last Updated December 20, 2022

Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte

DIT is die doel van God dat Sy volk ‘n afgesonderde, reine en
heilige volk sal wees, wat lig sal versprei tot almal rondom hulle.
Dit is Sy voorneme dat hulle, deur voorbeeldig die waarheid uit te
leef, tot lof sal wees op die aarde. Hiertoe is die genade van Christus
genoeg. Maar laat Gods volk onthou dat Hy hulle alleen tot lof kan
maak as hulle die beginsels van die evangelie glo en uitlewe. Alleen
as hulle hulle godgegewe vermoëns aan Sy diens bestee, sal hulle
die volheid en krag van die belofte smaak, waarop die kerk geroepe
is om te vertrou. As diegene wat voorgee om in Christus te glo as hul
Saligmaker, nie ‘n hoër peil as die wêreldse bereik nie, sal die kerk
nie die heerlike oes kan lewer wat God verwag nie. “Te lig bevonde”
sal die uitspraak wees.
Die opdrag wat Christus aan Sy dissipels gegee het net voor Sy
hemelvaart, is die groot sending-charterbrief van Sy koninkryk. Deur
dit aan Sy dissipels te gee, het die Heiland hulle Sy gesante gemaak,
en geloofsbriewe aan hulle uitgereik. As hulle later sou aangespreek
en gevra word wie hulle, ongeletterde vissers, die reg gegee het om
op te tree as leermeesters en heelmeesters, kon hulle antwoord: “Hy
wat deur die Jode gekruisig is en wat uit die dode opgestaan het,
het ons aangestel as bedienaars van Sy woord, en gesê, ,Aan My is
gegee alle mag in hemel en op aarde.’ ”