Die Gelykenisse van Christus

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 15
  • File Size 1.05 MB
  • File Count 1
  • Create Date December 20, 2022
  • Last Updated December 20, 2022

Die Gelykenisse van Christus

CHRISTUS se gebruik van gelykenisse om Sy lesse toe te lig, lê
dieselfde beginsel aan die dag as Sy sending na die wêreld. Chris-
tus het ons aard op Hom geneem en onder ons gewoon sodat ons
bekend kon raak met Sy Goddelike karakter en lewe. Godheid is
in mensheid geopenbaar, die onsigbare heerlikheid in die sigbare
menslike gestalte. Deur bekende dinge kon mense die onbekende
leer ken, hemelse dinge is deur aardse dinge geopenbaar, God is in
die gestalte van‘n mens geopenbaar. So het Christus mense geleer:
die onbekende is deur die bekende verduidelikGoddelike waarhede
deur aardse dinge wat mense die beste geken het.
Die Skrif sê, “Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir
die skare gesê... sodat vervul sou word die woord wat gespreek
is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek
sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van
die wêreld af.” Matt. 13:34, 35. Die sigbare dinge was die middel
waardeur die geestelike oorgedra is-die dinge van die natuur en die
lewensondervinding van Sy toehoorders is aan die waarhede van die
skrifwoord gekoppel. Christus se gelykenisse wat so van die natuur
tot die geestelike koninkryk lei, is die skakels in die waarheidsketting
wat die mens met God, en die aarde met die hemel verenig.