Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 32
  • File Size 246.66 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

GETUIENISSE AAN SUIDER-AFRIKA

Toe die “Macedoniese Oproep” in l886 van etlike Sabbat-onderhoudende Adventiste in Suid-Afrika by die Wêreldkonferensie in Battle Creek
ontvang is dat ‘n leraar na hulle gestuur moet word, het ‘n geselskap
die volgende jaar na Kaapstad vertrek, bestaande uit D.A. Robinson en
C.L. Boyd en hul eggenotes; twee kolporteurs, George Burleigh en R. S.
Anthony; en ‘n Bybelinstruktrise. mej. Carrie Mace.
In Noorweë, onderweg na Suid-Afrika, het die pad van broeders D. A.
Robinson en C. L. Boyd gekruis met dié van Ellen White, wat uit Amerika
weg is om ‘n tydjie in Europa deur te bring (1885-1887); en nadat sy innig
belanggestel het in hul sending, het sy briewe van raadgewing geskryf
wat sy aan hulle oorhandig het op hul reis na Afrika.
Mev. White se belangstelling in die aanvoring van arbeid in Afrika het
nie daar opgehou nie. In 1889, toe S. N. Haskell na Afrika is om vyf maande
lank besoek af te lê, dienste te hou en raad te gee in verband met die werk,
het hy briewe van Ellen White ontvang waarin sy sekere aspekte van die
werk van die sending en van diegene wat dit onderneem het, bespreek
het.
A. T. Robinson is in 1891 na Afrika gestuur, waar hy sake in hande geneem het en veel gedoen het om die organisasie op die been te bring.
Ook aan hom is briewe uit die pen van Ellen White gerig om hom raad te
gee.