Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 18
  • File Size 631.50 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

OPVOEDING

MENS sien deesdae selde ’n boek oor die opvoeding wat so wyd gelees is
en wat so deur die tyd beproef is as hierdie werk. Weens die duidelike en kor
-
rekte grondbeginsels wat in hierdie boek uiteengesit word, het derduisende
ouers en onderwysers dit oor baie dekades as handleiding aanvaar.
Elke persoon moet die praktiese werklikhede van die lewe die hoof bied
- sy geleenthede, sy pligte, sy neerlae en sy prestasies. Hoe hy hierdie onder
-
vindings tegemoetgaan, of hy die meester of slagoffer van omstandighede
sal word, hang grotendeels af van sy voorbereiding om daarteen opgewasse
te wees - sy opvoeding.
Ware opvoeding is goed gedefinieer as die harmonieuse ontwikkeling van
al die vermoëns - ’n volledige en toereikende voorbereiding vir sowel hierdie
lewe as die toekomstige ewige lewe. Dit is gedurende die vroeë jare tuis en
in formele skoolonderrig dat die verstand ontwikkel, ’n lewenspatroon pos
-
vat en die karakter gevorm word.