Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 30
  • File Size 542.51 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Meester se Onsterflike Rede

Die bergpredikasie is die hemel se seënwense aan die wêreld -’n
stem vanaf die troon van God. Dit is aan die mensdom gegee as ’n
riglyn en ook as die lig van die hemel, hul hoop en vertroosting wanneer hul neerslagtig is, hul vreugde en troos in alle omstandighede
van die lewe. Hier uiter die Predikerprins, die Meesteronderwyser,
die woorde wat die Vader aan Hom gee.
Die bergpredikasie is Christus se groete, nie slegs aan diegene
wat glo nie, maar aan die hele mensdom. Dit blyk vir ’n oomblik of
Hy vergeet het dat Hy in die wêreld is en nie in die hemel nie; en Hy
gebruik die bekende groetvorm van die wêreld van lig. Seënwense
stroom van Sy lippe soos die uitstort van ’n lank-opgekropte stroom
van lewe.
Christus laat ons nie twyfel oor watter karaktertrekke Hy altyd
sal erken en seën nie. Hy draai weg vanaf die ambisieuse wêreldsgunstelinge, na diegene wat deur hulle misken word, en spreek sy
seën uit op almal wat Sy lig en lewe ontvang. Vir die armes van gees,
die nederiges, die wat hartseer is, die wat verag word, die vervolgdes,
maak Hy Sy arms oop, met die woorde, Kom na My toe,... en ek sal
julle rus gee.
Christus kan die ellende van die wêreld aanskou sonder ’n sweem
van spyt dat Hy die mens geskape het. In die mensehart sien hy meer
as sonde, meer as ellende. In Sy onbeperkte wysheid en liefde sien
Hy die mens se moontlikhede, die hoogtes wat hy kan bereik. Hy
weet dat, al het hul hul genade-gawes misbruik en hul Godgegewe
waardigheid vernietig, die Skepper steeds in hul verlossing verheerlik sal word.