Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 9
  • File Size 485.07 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

LIEFDE IS VAN BO

Die sending van hierdie boekie blyk uit sy titel. Dit wys op Jesus
as die enigste persoon wat in die behoeftes van die hart kan voorsien,
en dit plaas die voete van diegene wat twyfel en huiwer, in “die pad
van vrede.” Dit lei diegene wat soek na geregtigheid, stap vir stap
op die weg van die Christelike lewe tot die volheid van seen wat
kom as gevolg van ’n algehele oorgawe van self en ’n onwankelbare
vertroue op die reddende genade en bewarende krag van die Vriend
van sondaars. Die onderrig in hierdie bladsye het vrede en hoop
gebring in menige verontruste hart, en dit het baie navolgers van
die Meester in staat gestel om met groter vertroue en vreugde te
volg in die voetspore van hulle goddelike Leier. Die vertroue word
gekoester dat dit dieselfde boodskap sal bring aan nog baie ander
wat behoefte het aan dieselfde hulp.
“Laat dan die boodskap my,
Tot in die hemel lei.”