Plaas die Sprankel Terug in u Huwelik

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 9
  • File Size 320.44 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Plaas die Sprankel Terug in u Huwelik

“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet
gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.”
- Psalm 32:8
Die moderne lewenswyse het baie veranderinge teweeggebring.
Soos wat mans en vroue hulle vertroue in die materialistiese
wêreld plaas asook die tegnologiese vooruitgang wat daarop
gemik is om die lewe te vergemaklik en meer vervullend te maak,
is hulle steeds gevul met ‘n gevoel van onvergenoegdheid.
Skrywer en spreker Jim Hohnberger en sy vrou, Sally, het die
Amerikaase droom gelewe – ‘n suksesvolle besigheid, status in
hulle kerk, en die gesogte besittings van vandag se moderne
dolle gejaag. Dit het egter hul huwelik beroof van ‘n opregte
wandeling met God. Hulle soektog na ware geestelikheid en die
eenvoudige lewe het hulle na ‘n wilderniservaring gelei wat hulle
lewens, hulle huwelik en hulle gesin hernieu het.
Hulle wy nou hulle lewens daaraan om mense te help om
hulle uitgerafelde bestaan in ‘n pragtige tapiserie van ‘n
volwaardige lewe te verander. Deur hulle ondervinding kan u die
krag van die evangelie in u huwelik ontdek.
Indien u probleme in u lewe ondervind sonder voldoende
oplossings, verbly u daarin omdat God ‘n oplossing vir u het.
“Ons kan ‘n volwaardige lewe leef, volwaardige huwelike verkry,
en volwaardige gesinne geniet. Dit het vir andere gewerk, en dit
sal ook vir u werk. Die keuse is u s’n.”
U kan verander. Plaas die sprankel terug in u huwelik.