Juwele Hoeveel is te veel?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 217.91 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Juwele Hoeveel is te veel?

‘N BOEIENDE OKSIMORON
Ek word geboei deur slim oksimorone. ‘n Oksimoron is ‘n
stelling of samestelling van twee woorde met teenoorgestelde
betekenis, soos “swart lig” of “lelik mooi.” ‘n Paar van my
persoonlike humoristiese geliefkoosdes, is “militêre intelligensie,”
“kriminele regverdigheid,” “beskaafde wanorde,” en “klop musiek”
(die klop wat ek gehoor het, klink nie naastenby soos musiek nie).
Sommige oksimorone is ernstiger soos “’n klein sondetjie,”
“onskuldige geskinder,” en “veilige voorhuwelikse seks.”
‘n Paar jaar gelede terwyl ek deur ‘n Christelike boekwinkel
gedwaal het, het ek op ‘n glasuitstalkas afgekom met ‘n teken
bokant wat lees “Christelike Juwele.” Ek het by myself gedink,
Hier is nou ‘n interessante oksimoron – iets soos “Christelike ruken-rol.” Hoe kan juwele Christelik wees wanneer die Bybel
gelowiges ernstig vermaan om dit nie te dra nie? “Christelike
juwele” is duidelik teenoorgestelde begrippe.
Ek besef dat hierdie onderwerp gedurende die afgelope jare
ernstig gedebateer is, maar my doel is egter nie om olie op die
vuur te gooi nie. Ek hoop om lig te werp, nie hitte nie. My
begeerte is dat mense hulle geloof en optrede in die Woord van
God sal vind. Die Skrifte spreek duidelik die onderwerp van ‘n
Christen se uiterlike voorkoms en versiering aan. Ongelukkig
swyg sommige kerke gerieflikheidshalwe oor hierdie onderwerp.
Juwele is deur sommige beskryf as ‘n onbenullige strydpunt.
Ongetwyfeld dink iemand nou, Met al die probleme in die kerk,
waarom wil u op iets so onbenullig en algemeen aanvaarbaar
fokus? Wel, vriende, onthou dat Jesus gesê het, “Dit is julle wat
julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want
wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.” (Lukas
16:15). Dikwels het die dinge wat bolangs onbenullig blyk,

ernstige implikasies. En ek glo dat hierdie so ‘n strydpunt is.
Daar is ongesiene en subtiele gevare wat met die dra van
juwele verband hou. Indien u dus ‘n bekeerde Christen is wat
daarna soek om te wil weet hoe om die Here in hierdie laaste dae
beter te reflekteer, wees asseblief onbevooroordeeld terwyl ons
saam die Skrifte ondersoek.