IS DIT MAKLIKER OM GERED TE WORD OF OM VERLORE TE GAAN?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 6
  • File Size 222.62 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

IS DIT MAKLIKER OM GERED TE WORD OF OM VERLORE TE GAAN?

Dit blyk heel gepas dat die woord dinamiet ‘n transkripsie is
van die Griekse word dunamis, wat krag beteken. Die woord is
nie vreemd vir diegene wat studente van die Skrif is nie. Dit is
een van die kleurryke byvoeglike naamwoorde wat in die Bybel
gebruik word om die evangelie van Jesus Christus te beskryf.
Paulus het geskryf, “Want ek skaam my nie oor die evangelie van
Christus nie: want dit is die krag (dunamis) van God tot verlossing
vir elkeen wat glo; eerste vir die Jood, en ook vir die Griek.”
Romeine 1:16.
Hoe min Christene het ‘n ware begrip van die plofkrag van
die evangelie waarop hulle so ligtelike aanspraak maak! Indien
Paulus se woorde waar is, dan behoort elkeen wat die evangelie
besit ook gevul te wees met ontsaglike krag. Maar is dit die
geval? Ongelukkig is die lewens van tallose kerklidmate slap,
ongeërg, en ongelukkig toegeeflik. In plaas van krag, blyk dit asof
daar moedeloosheid en verslaentheid is. Wat is verkeerd? Glo
hierdie mense werklik die evangelie of nie? En waarom is daar
vandag so ‘n duidelike gebrek aan krag in hulle lewens?
Die antwoord moet wees dat baie nie werklik glo wat hulle
bely nie. Of andersins, hulle is ‘n valse evangelie geleer.
Sommige van die grootste geestelike probleme van vandag is
gegrond in ‘n wanbegrip van die evangelie. Die tragiese
werklikheid is dat miljoene nie ware begrip het van wat deur die
evangelie verkry kan word en wat dit veronderstel is om vir hulle
te doen nie. Onbewus van die volle voordele daarvan, strompel
hulle voort en maak slegs aanspraak op dit wat hulle swak geloof
in staat is om in te sluit. In stede daarvan om deel te neem aan ‘n
feestelike onthaal van die Here, maak hierdie mense die
krummels onder die tafel bymekaar wat skaars voldoende krag
voorsien om te oorleef.