Geeste Van die Dooies

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 10
  • File Size 183.49 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Geeste Van die Dooies

Alexander Bogomoletz, ‘n Russiese wetenskaplike, het op
‘n keer gesê dat ‘n man behoort te leef tot die ouderdom van
ten minste 150 jaar. Hy het inderdaad ‘n serum voorberei wat
daarop gemik was om die verouderingsproses van die
konnektiewe weefsels van die liggaam te vertraag. Ongelukkig
het die geleerde doktor op die ouderdom van 64 gesterf, 86
jaar kort van die doel wat hy vir homself en vir die hele
mensdom gestel het. En ons verstaan nog steeds nie die
geheimenisse van die lewe en die dood nie.
Niemand het tot dusver die fontein van jeug ontdek nie en
niemand het al deur die sluier van die dood gegaan en
teruggekeer om vir ons te vertel hoe dit aan die ander kant lyk
nie. Die enigste betroubare inligting wat ons oor hierdie
onderwerp het, word in die groot boek van God, die Bybel,
gevind. Hier word die antwoorde ontvou op vrae wat die harte
van mans en vrouens deur die eeue heen reeds kwel. Soos wat
dit deur die onsekerheid van menslike emosies en
bygelowigheid dring, sal dit bevredigende berusting bring vir
diegene wat die toekoms vrees en wat wonder wat met die siel
gebeur vyf minute na die dood.