Die Hoë Prys van die Kruis

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 7
  • File Size 242.86 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Hoë Prys van die Kruis

Na sy rampspoedige nederlaag by Waterloo, het Napoleon,
so lui die verhaal, met sommige van sy vernaamste generaals
ontmoet om die oorlog se gebrekkige krygskuns te ontleed.
Gedurende hulle besprekings het die klein generaal na Engeland
op die gekleurde kaart voor hulle gewys en bitter gesê, “Behalwe
vir daardie rooi kolletjie sou ek die meester van die wêreld
gewees het.” Satan sou vandag dieselfde kon gesê het, behalwe
dat hy na ‘n kruis op ‘n heuwel buite die mure van Ou Jerusalem
sou gewys het. Is u nie dankbaar vir daardie rooi kolletjie van
Golgota wat hierdie wêreld verlos het van die beheer van ons
grootste vyand nie?
Dit was die plek, die tyd, en die stryd wat die lotsbestemming
van planeet aarde bepaal het. Satan is sedertdien ‘n verslane
vyand. Dit was daar wat hy sy Waterloo ontmoet het en ‘n
beslissende nederlaag gely het waarvan hy nooit ten volle sal
herstel nie.
Weinig verstaan die ware betekenis van Christus se lyding en
dood op daardie kruis. Ons het slegs ‘n geringe begrip van die
konflik waardeur Hy gegaan het en die folterende dood wat Hy
ervaar het. Indien ons oë geopen kon word sodat ons die
werklike betekenis van Sy offer begryp, sou daar geen rampsalige
samewerking met Satan gewees het nie. Ons swakheid sou in
dapperheid en oorwinning verander het.