DIE HEMEL Is dit ‘n WERKLIKHEID?

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 11
  • File Size 172.92 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

DIE HEMEL Is dit ‘n WERKLIKHEID?

Miljoene mense wag om verskillende redes vir ‘n tyd wanneer
hulle hierdie planeet kan verlaat om na ‘n ander gelukkiger,
minder besoedelde wêreld in die ruimte te kan verhuis. Baie
glo dat die tyd min raak vir hierdie oorbevolkte, besmette
planeet wat vir 6 000 jaar so misbruik is. Om te kan oorleef,
wil hulle verhuis na ‘n wentelende satelliet, wat wetenskaplik
veilig gemaak is deur onfeilbare tegnologie. Daar, in ‘n
kunsmatig ondersteunde, vriendelike omgewing, hoop hulle om
baanbrekers te word van ‘n nuwe ruimtewêreld vir rustelose
aardbewoners.
Miljoene ander kyk hemelwaarts en beraam opwindende
planne vir ruimtereise wat baie verder gaan, ver verby die
rand van ons sonnestelsel. Hulle verwagtinge is nie gegrond op
die wetenskaplike produksie van laboratorium landskappe en
herwinde chemikalieë nie. Hulle soek na ‘n ruimtewoning wat
heeltemal onafhanklik is van menslike foute en invloed; ‘n
woning vry van bedorwe trots, selfsug, en sonde; ‘n woning
genoem die hemel, wat hulle glo op die oomblik vir hulle
voorberei word. Hulle verwag om daarheen te reis lank
voordat die witjas-wetenskaplike sy satellietkolonie ontwikkel.
Dit is maklik om empatie te hê met diegene wat moeg is
vir die angswekkende probleme van planeet aarde en wat na ‘n
beter omgewing wil verhuis. Sal die kunsmatige toestande in ‘n
self-onderhoudende ruimtekolonie meer voortreflik wees as

ons uitgediende aarde? Dit is waar dat die chemies-geskepte
atmosfeer makliker gereguleer en onderhou kan word, maar
wat van die basiese, uiteindelike probleme van oorlewing?
Dood en siekte in die ruimte sal nog steeds ook, net soos
hier, teenwoordig wees. Misdaad en onreg sal die mens volg
waar hulle ookal in die heelal gaan. Teleurstellings en
hartverskeurende leed sal voortgaan om in die kort verloop van
die menslike bestaan teenwoordig te wees, omdat die mens se
grootste probleem die mens self is. Hy kan nie sy eie
selfsugtige natuur ontsnap deur na ‘n ander plek – selfs ‘n
ander planeet, te vlug nie. Hy kan ook nie van sy sterflikheid
ontsnap deur omgewings te verander nie.