Die Hel

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 8
  • File Size 211.22 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Hel

Een van die mees teologies verwarrende onderwerpe in die
Bybel is die van die hel. Geestelikes het daaroor rondgetas en dit
is deur leke verdraai totdat die woord nou beter bekend is as ‘n
alledaagse vloek- en kragwoord. Orals vra mense dieselfde vrae:
Wat en waar is die hel? Wat is die lot van die goddelose? Sal ‘n
God van liefde mense vir ewig martel? Sal die vuur van die hel
ooit die goddeloosheid uit die sondaars brand?
Hierdie is vrae wat betroubare Bybelse antwoorde verdien,
en die stryd rondom die onderwerp moet ons nie ontmoedig om
die volle waarheid soos dit in Christus is, te ontbloot nie.
Eerstens moet ons verstaan dat daar ‘n hemel is om te wen en ‘n
hel om te vermy. Jesus het geleer dat elke siel óf gered sal word

óf verlore sal gaan. Daar is geen middelweg of tweede pryse nie.
“Die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy
koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die
ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal
geween wees en gekners van die tande. Dan sal die regverdiges
skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader.” Mattheus
13:41-43.
In die lig van hierdie twee uiterste bestemmings vir almal wat
ooit gebore is, moet ons verseker dat ons die regte pad vind.
Christus het gesê, “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.” Die
enigste sekere veilige weg vir enigiemand is om dit wat Jesus oor
die hel geleer het, presies so te aanvaar. Sy leerstelling is die
enigste een wat ten volle betroubaar en waar is. Hy het gesê dat
sommige in die vuur gewerp sal word, en sommige sal in die
koninkryk voortskyn.
Alhoewel moeilik om te glo, word Christus deur baie
godsdienstige leiers daarvan beskuldig dat Hy ‘n valsheid oor
hierdie onderwerp leer. Hy word daarvan beskuldig dat Hy geleer
het dat ‘n onsterflike siel by die dood uit die liggaam wegvlieg na
óf die hemel óf die hel. Dit is beslis nie wat Jesus geleer het nie.
Hy het nooit die geringste aanduiding gegee dat een of ander
liggaamlose siel by die dood van die liggaam geskei word nie. Hy
het ook beslis nooit die indruk geskep dat die goddelose ‘n ewige
straf gaan verduur sodra hulle sterf nie.