Die Drie-eenheid

Download
Download is available until [expire_date]
  • Version
  • Download 10
  • File Size 251.77 KB
  • File Count 1
  • Create Date March 30, 2022
  • Last Updated March 30, 2022

Die Drie-eenheid

Min leerstellige onderwerpe het meer vurige bespreking
onder Christene veroorsaak as die tema van die drie-eenheid.
Kerke is verdeel en selfs oorloë is gevoer oor die kwessies
aangaande die aard van die Godheid.
Verwarring oor die aard van God is nie nuut nie. Sedert die
skepping streef die mens ywerig daarna om Hom te verstaan
en te verduidelik. In die boek van Job het Sofar die versugting
van elke menslike hart geuiter toe hy verklaar het, “Kan jy die
dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die
volmaaktheid van die Almagtige? Hoogtes van die hemel is dit
– wat kan jy doen? Dieper as die doderyk – wat kan jy weet?”
(Job 11:7,8).
John Wesley voeg by, “Bring vir my ‘n wurm wat ‘n mens kan
verstaan, dan sal ek u ‘n man wys wat die drie-enige God kan
verstaan!”

Die studie van God is sonder weerga – die mees verhewe
onderwerp wat enige mens ooit kan probeer om te benader of
bepeins. Aangesien God Homself beskryf as ewig en die
toppunt van krag, teenwoordigheid, en wysheid, is hierdie
studieveld dieper, wyer en breër as enige ander.
“Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë
hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” (Jesaja
55:9). Beperkte menslike verstande sal nooit alles oor die
ewige God ten volle kan verstaan nie net soos wat ons nie met
ons swak bene na die sterre kan spring nie. Ons moet dus
hierdie verborgenheid wat Sy persoon omvou, benader met ‘n
oormaat kaalvoet eerbied en diepe nederigheid. Net soos
Moses, toe hy in God se teenwoordigheid gekom het, moet ons
ons skoene uittrek, “want die plek waarop jy staan, is heilige
grond” (Exodus 3:5). Deur ons vooropgestelde idees, opinies
en sektariese opleiding eenkant te plaas, kan ons direk na God
se Woord gaan en leer wat Hy gekies het om oor Homself te
openbaar. Onthou egter dat slegs God, God ten volle kan
verstaan, en daarom sal ons selfs na die mees intensiewe
navorsing nog steeds onbeantwoorde vrae hê wat ‘n vrugbare
veld van studie selfs deur die onmeetlike ewigheid sal wees.