Getuienisse

Ek het in Cristus my Lewe Gemeente in gekom nadat ek 'n jaar in die Adventisme ingekom het. Ons is elke naweel op 'n plaas en kon dus nooit op n Sabbat in die kerk kom nie. My man was nog nie bereid om die afstande te ry wat sou nodig wees indien ons 'n diens sou wou bywoon nie. Maar Vader het voorsien. Roy Spammer het my voorgestel aan die gemeente en het my op die groep geplaas. Vir langer as 'n jaar het ek net op 'n Sabbat geluister. Soos wat ek die stemme leer ken het, het hulle my familie geword. Alhoewel hulle nie van my geweet het nie, was ek besig om deel te word van die gemeente. Die Woord is suiwer gebring, die liefde tussen gemeentlede was soos familie, die koue onpersoonlikheid wat soms in die kerk is, was nie op hierdie mense van toepassing nie. Maar ek het steeds my tiende by die gemeente in die Kaap betaal. Maar na tyd het ek besef hierdie is net soos die gebou waarheen mense gaan. Net beter. Die preke bly sodat ek weer kan luister. Ek kan dit deel met ander. Die musiek bly en ek kan deur die weel oor en oor luister. Die Sabbatskool word met groot eerbied hanteer. Ek het begin om aan te trek op Sabbat asof ek kerk toe gaan, en dit het my kerk geword. Ek het dus aansoek gedoen vir my lidmaatskap om oorgedra te word. Dit was so 'n klein dingetjie, maar het my laat voel nou is ek deel van hierdie familie. Wat ons herder aanbetref moet ek erken: Hy is voorwaar deeglik bewus van ons almal se doen en late al is ons ver van hom af. Hy en sy vrou is in hulle harte werklik herders, en het die verantwoordelikheid van hulle toesig oor Jesus se skape aanvaar. Net mooi wanneer nodig is daar 'n oproep net om om te gee. En natuurlik is die lyn altyd oop na hulle toe. Ek is nou 62 jaar oud, en ek het 'n huis gevind. Hier groei ons, gee ons om, word ons gekorrigeer, Leer ons en bid ons. En elke Vrydag as die son sak, hou ons die Sabbat in Heiligheid en met Ontsag. Ek is dankbaar vir ons Hemelse Vader.

Hy het voorsien. Ek het 'n kerk.

Seënwense.

Elizabeth

Lidmaat

Vandat ek by Christus my lewe aangesluit het, is my lewe geestelik so verryk. Ek verstaan die Woord van God baie baie beter en ek poog elke dag om n heiliger lewe te lei. Ek wil net baie dankie aan veral Neville Neveling se vir al die kosbaarhede omtrent die Woord wat hy altyd so getrou met ons deel.

 

Hertha

Lidmaat

Die wonderlike voorreg om deel te wees van Christus my Lewe gemeente is lewensveranderend! Suiwer woordbediening wat absoluut nuwe "wêrelde" oopmaak -baie dankie Neville Neveling.

 

Anina Wasserman

Lidmaat

Ek en my vrou leer baie! Ons ervaar Neville se liefde en toegewydheid aan die Here en sy begeerte om ander mense ook te help om gereed te maak vir Jesus se wedekoms. Sy werk help MY en my vrou baie om nader aan die Here te kom en ek dank ons Hemelse Vader daarvoor.
Groete.

 

Piet en Sannie Louw

Kontak vir Neville

Kontak Ons

Deel Wat God vir jou gedoen het.

Plaas jou kommentaar of getuienis hieronder

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *