Ek is die weg die waarheid en die LEWE

JOHANNES 14:6
Kontak OnsLive Stream
Christus my Lewe is 'n voluit Afrikaanse Aanlyn gemeente van die SDA kerk

Afrikaanse Klankbaan boeke beskikbaar

Audio boeke brug die gaping tussen die sintuie en is van die waardevolste bronne van "lees-stof" vir gestremdes. Audio-boeke wat geluister word gepaard met lees materiaal is een van die beste leer-metodes, wat mens help om inligting vas te lê. Luister / Lees gerus die boek "Die Groot Stryd", deur E.G White, om jou verstaan van Wêreld-gebeure te verbreed, asook jou begrip van hoe persoonlike verlossing werk.

Lewendige Uitsending

Gratis boeke om af te laai

GETUIENISSE AAN SUIDER-AFRIKA

GETUIENISSE AAN SUIDER-AFRIKA

246.66 KB 32 Downloads
EERSTE GESKRIFTE

EERSTE GESKRIFTE

660.49 KB 32 Downloads
Die Groot Stryd

Die Groot Stryd

1.85 MB 27 Downloads
Die Meester se Onsterflike Rede

Die Meester se Onsterflike Rede

542.51 KB 30 Downloads
EGW e-sword Plugin
File Size 58.07 MB
Downloads 44

Ek het in Cristus my Lewe Gemeente in gekom nadat ek 'n jaar in die Adventisme ingekom het. Ons is elke naweel op 'n plaas en kon dus nooit op n Sabbat in die kerk kom nie. My man was nog nie bereid om die afstande te ry wat sou nodig wees indien ons 'n diens sou wou bywoon nie. Maar Vader het voorsien. Roy Spammer het my voorgestel aan die gemeente en het my op die groep geplaas. Vir langer as 'n jaar het ek net op 'n Sabbat geluister. Soos wat ek die stemme leer ken het, het hulle my familie geword. Alhoewel hulle nie van my geweet het nie, was ek besig om deel te word van die gemeente. Die Woord is suiwer gebring, die liefde tussen gemeentlede was soos familie, die koue onpersoonlikheid wat soms in die kerk is, was nie op hierdie mense van toepassing nie. Maar ek het steeds my tiende by die gemeente in die Kaap betaal. Maar na tyd het ek besef hierdie is net soos die gebou waarheen mense gaan. Net beter. Die preke bly sodat ek weer kan luister. Ek kan dit deel met ander. Die musiek bly en ek kan deur die weel oor en oor luister. Die Sabbatskool word met groot eerbied hanteer. Ek het begin om aan te trek op Sabbat asof ek kerk toe gaan, en dit het my kerk geword. Ek het dus aansoek gedoen vir my lidmaatskap om oorgedra te word. Dit was so 'n klein dingetjie, maar het my laat voel nou is ek deel van hierdie familie. Wat ons herder aanbetref moet ek erken: Hy is voorwaar deeglik bewus van ons almal se doen en late al is ons ver van hom af. Hy en sy vrou is in hulle harte werklik herders, en het die verantwoordelikheid van hulle toesig oor Jesus se skape aanvaar. Net mooi wanneer nodig is daar 'n oproep net om om te gee. En natuurlik is die lyn altyd oop na hulle toe. Ek is nou 62 jaar oud, en ek het 'n huis gevind. Hier groei ons, gee ons om, word ons gekorrigeer, Leer ons en bid ons. En elke Vrydag as die son sak, hou ons die Sabbat in Heiligheid en met Ontsag. Ek is dankbaar vir ons Hemelse Vader.

Hy het voorsien. Ek het 'n kerk.

Seënwense.

Elizabeth

Lidmaat

Vandat ek by Christus my lewe aangesluit het, is my lewe geestelik so verryk. Ek verstaan die Woord van God baie baie beter en ek poog elke dag om n heiliger lewe te lei. Ek wil net baie dankie aan veral Neville Neveling se vir al die kosbaarhede omtrent die Woord wat hy altyd so getrou met ons deel.

 

Hertha

Lidmaat

Die wonderlike voorreg om deel te wees van Christus my Lewe gemeente is lewensveranderend! Suiwer woordbediening wat absoluut nuwe "wêrelde" oopmaak -baie dankie Neville Neveling.

 

Anina Wasserman

Lidmaat

Neville Neveling

Neville Neveling

Leraar

Neville Neveling woon al vir meer as 30 jaar in Namibië. Hy is getroud met Reinet en hulle het twee seuns, Ewan en Simon. Die jongste seun – Simon – is getroud met Jenny en hulle het vier dogters.

Neville was vir 12 jaar betrokke met rekenaars en het onder andere werk gedoen met databasisse.

In 1983 sit hy sy studies voort in Teologie by Andrews Universiteit deur Helderberg Kollege in Somerset Wes, Suid Afrika. Tydens die tyd word verskeie van sy studies gepubliseer in die “Ostraka” – ‘n Teologiese vaktydskrif wat deur Dr. Isak van Zyl geproduseer en gepubliseer word.

In 1987 aanvaar hy ‘n pos by die destydse Suidwes Afrikaanse Uitsaai Korporasie en werk hy onder andere in die Godsdiens Afdeling, die Afrikaanse Radiodiens en as Nuusleser op TV. Dit word later die Namibiese Uitsaai Korporasie.

In 1998 is hy deur die Namibiese Veld Andrews Universiteit toe gestuur waar hy ‘n kerkplantings kursus doen.

He bevorder aktiewelik die boodskap van die Salige Hoop in die uitgestrekte land. Hy is ook betrokke by sy plaaslike gemeente en veral by evangelisasie aangesien dit hom na aan die hart lê.

Sedert 2017 is hy betrokke by die Total Member Involvement (TMI) program en ontwikkel hy ‘n kommunikasie program om mense te bereik op hulle selfone. As gevolg van die verwikkeling werk hy nou vir AWR360/TMI verbonde aan die Wêreld Konferensie as Globale Evangelisasie Opleier.

Neville Neveling MCSSA

Kontak Ons